Oestyd 3

Blye Versekering vir 16 Okt. 2019 Tema: Oestyd 3

**** My eie woorde

**** Vanoggend se gedeelte sê vir ons, dat daar  voor die oes gesnoei word, lote word weg gekap en ranke afgesny. Die snoeimes of skêr maak seer, dit laat wonde en pyn. Hoe sê die spreekwoord, “Cruel to be kind” Die uiteindelike doel is tog groter vrugte, ja ‘n goeie oes. Die wonde kry heling en die vrugte word groter, sappiger en heerlik.  Dus verdra dit as jy gesnoei word, die einddoel is altyd die moeite werd.

Jes. 18:5 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom ‘n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;

Joh. 15 :1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.  V2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

Wanneer jy deur swaarkry pyn en toetse gaan, beteken dit juis dat Hy jou raaksien en sien jy dra vrugte en daarom snoei Hy jou vir meer beter en groter vrugte.  Wanneer jy vorentoe terugkyk,  na dit, waar deur jy nou gaan, sal jy verseker weet, jy was nie een oomblik alleen nie en daar waar jy nou is, is beter as waar jy was.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader groot en Heilig is U Naam. Hoe wonderlik is die wete dat ons pyn uiteindelik tot ‘n groter oes vir U Koninkryk sal lei. Ek bid vanoggend vir elkeen wie se naam met die letter L begin op ons poslys. Ek glo hulle dra reeds vrug, maar dis nog nie dit wat U weet waartoe hulle in staat is nie. Gee hulle die genade, wysheid en geloof, om deur hulle swaarkry pyn en seer te gaan, met daardie versekering die God van die heelal is met hulle. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 17 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *