Oestyd 4

Blye Versekering vir 17 Okt. 2019 Tema Oestyd 4

**** My eie woorde

**** Elkeen wat hier lees of luister, het vandag , ja vanoggend ‘n akker ontvang om op te saai. Dit mag in jou huis wees. Dit kan by jou werk of waar jy besigheid doen wees. Die akker kan familie wees of vriende, of vreemdelinge, hulle mag oud of jonk wees.  Nou die vraag, wat gaan ek vandag op my akker wat God aan my toevertrou het saai. Jy sien dit wat ons vandag saai, gaan soos ons Maandag gesien het ook ons oes bepaal. As ek haat, woede kwaad en onvergewensgesindheid saai, wag ‘n oes van donkerte, bitterheid, selfsug liefdeloosheid en selfverwyt. Tog wanneer ons ‘n keuse doen om deur Sy Gees gelei te word wag daar ook ‘n oes.

Gal 6:7 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.  V8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.

Gal 5:24 Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.  25 Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 8  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

GEBED vir VANDAG M

Onse Vader vanoggend vra ons vir U genade en hulp, sodat ons die goed  wat verby kan vergeet.  Help ons om op ons akkers wat ons vandag ontvang het, vars geestelike saad te saai, sodat die Heilige Gees ons gedrag sal bepaal. Ons vra dat U vandag die vyand deur U Seun Jesus Christus sal platslaan wat kom om ons lewens te verwoes en ons oë aan te raak dat ons sal onderskei tussen reg en verkeerd. Ek bid vanoggend vir elke persoon op die poslys onder die letter M. Versterk hulle geloof met daardie seker wete U handewerk is volmaak en U doen nie halwe werk nie. Laat U wil in hulle lewens geskied. In Jesus se naam . Amen.

Geseënde dag vir julle elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *