Oestyd 5

Blye Versekering vir 18 Okt. 2019 Tema: Oestyd 5

**** My eie woorde

****Oestyd is mos insamel tyd of versamel tyd. Dis dan wanneer ons ontvang waarvoor ons hard gewerk het. Dis ook skeiding tyd van kaf en koring, sleg en goed. Oestyd is groeityd verby. Is ek en jy gereed daarvoor. As ek vandag sterf het my oestyd aangebreek vir altyd.

Matt.13:39  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Joh.4:35  Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.

Open.14:15  En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader groot en Heilig is U Naam. Wat ‘n ernstige woord is dit net nie vir elkeen van ons vandag nie. Ons as mens kan so maklik sê “ tot hier toe en nie vêrder nie” maar U in U almag skenk vir ons genade op genade. Ek bid vir elkeen onder die letter N op ons poslys. Vader wil u deur Heilige Gees hulle opnuut daardie genade kans gee sodat hulle gereed kan wees wanneer hulle oestyd aanbreek. Vou ons almal toe in U liefde sorg en genade en salf ons ore om te hoor. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en naweek aan julle elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *