Lynette Muller
KORS:
2 Kop Meelblom
2 eetl Suiker
1 Desertlep. Bakpoeier
1/4 lb Botter
2 Eiers
METODE:
Meng al die droe bestandele en vryf die botter in. Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan. Voer ‘n tertbord uit.
VULSEL:
3/4 Kop Klapper
3 Kop Melk
3 Eiers
1 1/2 eetl Meelblom
1 1/2 eetl Mielieblom
6 eetl Suiker
3 eetl Botter
1 telp Vanielje
METODE:
Bring die melk tot kookpunt. Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk. Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel. Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook ‘n knypie sout in.
Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer. Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker oor.