Pietersielie- Kluitjies ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

Bestanddele
750 g Koekmeelblom
75 ml Bakpoeier
20 ml Sout
800 ml Melk
100 ml Varsgekapte pietersielie

Metode
Sif die droë bestanddele saam, voeg die melk by en meng tot ‘n gladdebeslag. Meng die pietersielie by. Skep lepelsvol van die beslag op jou kasserol gereg wanneer dit gaar is en plaas weer die deksel op. Bak by 180°C vir 20 minute. Moenie die deksel oplig voor die gereg weer uit die oond gehaal word nie, anders slaan jou kluitjies toe. Lewer 48 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 22 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *