Romerige Gebakte Kool

Lynette Muller

Bestanddele
Ongeveer 1 Koolkop, Grof Gekerf
1 medium grootte ui, gekap
1 aartappel in plat ronde dik skywe gesny
pakkie Spek in stukke
“cocktail” kaasworsies
Pakkie “Potato Bake” – enige geur
1 koppie melk
Cheddar of Gouda Kaas
Swartpeper

Metode
Voorverhit oond 180°C. Kook kool en aartappel skywe in bietjie soutwater vir 10 min, dreineer water af. Skep in jou oondbak. Braai uie tot deurskynend , gooi spek en worsies by, braai tot mooi bruin en sprei bo-oor koolmengsel. Maak “Potato Bake” aan met 1 koppie melk, giet oor koolmengsel sprinkel met swartpeper. Gooi lekker baie gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond , ongeveer 30 Minute tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 355 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *