SEEKOSDOOPSOUS

Lynette Muller

Bestanddele
halwe pynappel
125 ml mayonnaise
50 ml tamatiesous
druppel Tabasco
knippie rooipeper
5 ml geurselsout
3 ml suurlemoenpeper
2 ml gedroogde, gemengde kruie
5 ml grasui, fyngekap

Metode
Kap pynappelvleis fyn op. Meng alles goed saam.

Wenk
Bedien met seekos, visfrikkadelletjies of skyfies met seekosgeur.
Sous kan gemeng word met gaar, gevlokte stokvis en as ligte maaltyd of voorgereg voorgesit word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *