Siek en gesond 1

Blye Versekering vir 21 Okt. 2019 Tema: Siek en gesond 1

**** My eie woorde

****Ons was al almal siek, of is tans siek of weet van iemand wat siek is. Dit is glad nie lekker nie, en jy voel as die ding net kan weg wees kan jy aangaan. Ons weet ook, indien jy ‘n abses het, kry jy waarskynlik antibiotika, maar as die oorsprong van daardie abses nie skoongemaak word nie, is dit net so rukkie dan begin dit weer van vooraf. Hoe vind mens genesing van geestelike absesse? Waar begin ons. Wat kan ek doen, om hierdie lelik hier binne wat my verteer te help verander. Ek kan pleisters opplak of “ antibiotika” van ontkenning gebruik. Dit laat my self beter voel. Wanneer ek ‘n abses het, het ek pyn en ek weet iets is nie reg nie. Ek maak ‘n afspraak en kom by ‘n dokter uit en hy bevestig wat ek dalk vermoed het en bied dan ‘n oplossing aan. Dit is net so met ons geestelike lewe. Die pyn is juis jou gewete wat deur Heilige Gees aangewakker word. Dit beteken ek moet EERLIK wees met myself en voor God. Vra jouself eerlik af vandag, is ek wie ek dink ek is, as ek eerlik na binne kyk, wat is daar in my, wat God bedroef? Onthou Hy is, en bly die Groot geneesheer wat ons wonde raaksien, wat daar diep binne is waar niemand sien nie. Dis daar waar Hy gesond kan maak. Ons moet TYD met Hom spandeer net soos jy tyd by ‘n dokter sou spandeer.

Spr. 16 2 In sy oë is alles wat ‘n mens doen reg, maar die Here ondersoek die gesindheid.

Klg. 3:39 Wat kla ‘n mens oor sy lewe?  Hy moet liewer sy sonde oorwin. 40 Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, 41 laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek en bely.

Fil.2:5  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader U woord is so waar. Ons kan so maklik dink dat ons reg is en ander is verkeerd, maar U wat rein en heilig en goed is sien ons harte raak. Ek bid vir elke hart wat hier luister of lees vandag, om tyd vir U te maak en in eerlikheid hulle harte voor U oop te maak, sodat daardie wonde skoongemaak kan word. Ek bid vir elkeen onder die letter O vandag. Mag hulle U Heilige Gees ook in hulle gedagtes ervaar om reg te maak wat verkeerd is. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan julle elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *