Siek en Gesond 2

Blye Versekering vir 22 Okt. 2019 Tema: Siek en Gesond 2

**** My eie woorde

****Ons hoor dikwels dat ons elkeen twee kante het soos die verhaal van Dr. Jekyll & Mr. Hyde, of die storie van die wit en die swart hond wat gevoed word en die een wat jy voed word die grootste. Tog was dit nog nooit God se plan nie. Die HERE se oorspronklike plan was ‘n volmaakte mens sonder sonde in die paradys, en die bose het alles kom omvêrgooi, en blameer nou ons Skepper vir alles wat hy kom doen het. Die grootste bedrog van alle eeue sê, ek en jy is donker in ons gemoed, en ons glo dit. Christus het juis gekom om te kom regmaak, dit wat so liederlik verkeerd geloop het. Daarom, in Christus is ek en jy nuut en sterf die oue. Christus het gekom om hierdie stukkende wêreld weer te versoen en te genees, sodat ons finaal kan afskeid neem van Mr. Hyde en die swart hond in ons lewens en in Christus nuut kan word. Verder nog het Hy hierdie bediening van versoening in Christus vir elkeen gegee. Lees mooi wat sê die Woord vandag, dis kosbaar.

2 Kor. 5 V17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.  V18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.  V19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. V20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!  V21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Joh 1:5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader , hoe wonderlik om te weet en daardie sekerheid te hê, dat die duisternis nié die lig in ons kan oorweldig, wanneer ons nuut in Christus is nie. Maak ons opnuut bewus van Heilige Gees wat in ons woon en alle duisternis oorweldig. Ek bid vir elkeen onder die letter P vandag. Waar hulle verlossing en genade benodig oor enige iets in hulle lewe, maak hulle vry. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 21 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *