Siek en gesond 3

Blye Versekering vir 23 Okt. 2019 Tema: Siek en gesond 3

**** My eie woorde

**** God het Sy bestemde tyd. Iemand het een keer gesê : “Pasop waarvoor jy vra soms gee die HERE dit sodat ons kan leer.” Ek het hierdie vraag. Hoe kan ek en jy aan ‘n Hemelse Alwetende Ewig lewende God voorskryf presies hoe Hy ons gebed moet beantwoord. Dink ek en jy vir een oomblik Hy weet nie hoe nie?  Wanneer dit nie God se tyd is nie, is dit soos ‘n roof wat jy aftrek voordat die wond gesond en droog is, dit bring pyn, dit bloei van vooraf aan en dis oop vir infeksie van buite af. Saam met tyd gaan ons deursettingsvermoë om vol te hou tot die end.

Pred 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:

Romeine 12 V11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. V12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed V13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. V14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

Jes.55:8 Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die HERE. V9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.

Ps_102:13 (102:14) U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader vanoggend wil ons bely dat ons so maklik vir U in ons menswees kan sê “ Vader maak so, en gee so, en doen dit.” Ons wil U om verskoning vra en met ‘n opregte hart sê : “ Laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in die hemel net so op hierdie sondige aarde.” Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter Q. Onse Vader salf hulle opnuut met U Heilige Gees en help hulle om nie net te hoor nie, maar ook om te gehoorsaam. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 34 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *