Siek en Gesond 4

Blye Versekering vir 24 Okt. 2019 Tema Siek en Gesond 4

**** My eie woorde

****In Maandag se gedeelte het ek geskryf oor selfondersoek, eerlikheid en skoonmaak om seker te maak dat daar niks tussen jou en God staan nie, want onthou wonde kan nie gesond word as daar nog sepsis en dooie weefsel in is nie en so kan ek ook nie geestelik gesond word as ek sonde wegbêre nie. Verder is ons emosies en gevoelens die speelplek van die vyand want die woord is duidelik daaroor.

Spr. 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy……

Spr. 24:2 Want hulle hart bedink verwoesting, …

Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

**** Onthou dit is waar sonde begin deur ons oë en gedagtes, Job het dit geweet en verstaan . Kyk wat sê hy

Job.31:1  Ek het ‘n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ‘n jonkvrou?

**** Genesing kom van binne af. Moenie langer op jou emosies en gevoelens staatmaak nie, maar hou in geloof aan God vas. Kyk na die skepping sien jy enige “gemors” wat God gemaak het-Nee! Die enigste gemors is die gevolge van sonde. Dus is jy ook nie ’n mislukking of “gemors” nie inteendeel jy is die kroon van Sy skepping. Weet jy wat dit beteken? Dit beteken jy is die beste deel om alles af te rond. Wanneer ons Hemelse Vader vanoggend na jou kyk deur Sy Seun sê Hy: My seun, My dogter, jy is so spesiaal en kosbaar in my oë. Glo dit, beleef dit en leef dit. As die bose vandag in jou oor kom fluister, verander jou treurmare in dank en lofprysing en jou hele dag sal omkeer. Gee jou gedagtes vir die Heilige Gees en vra Hom vir vernuwing.

Fil.4 V8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig

Rom.12:2 (NV) Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader hier is ons voor U genade troon vanoggend. Ons staan bakhand voor U en vra vernuwing van ons gedagtes dat ons dit sal bedink wat U goedkeuring wegdra. Ek bid vir elkeen onder die letter R. Vader vir ons is dit net ‘n letter maar vir U is dit een van U wonderbare skeppings. Red hulle vir U Koninkryk in Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 21 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *