Siek en gesond 5

Blye Versekering vir 25 Okt. 2019 Tema: Siek en gesond 5

**** My eie woorde

**** Die laaste gedagte in ons gesond word proses, is om uit te styg bo jou omstandighede. Dis soos die storie van die twee persone wat voor die venster gestaan het. Die een het die vuil kolle op die ruit gesien, die ander het die pragtige sonsopkoms aanskou. Wat sien ek en jy vandag. ‘n Persoon wat vasgevang is in sy emosies en omstandighede of kan ek en jy ook uitroep soos diegene wat reeds die pad geloop het.

Ps 18:30 Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.

Ps 23:1 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my in groen weivelde rus, Hy bring my by waters waar daar vrede is. V3 Hy gee my nuwe krag.

Jes.40:31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

*** Om uit te styg en los te maak is ’n uitruilings proses.  Dis om dit wat ek weet en beheer, te ruil met dit wat ek nie weet nie en nie kan beheer nie en dit in God se hande te los.  Die enigste manier is om in geloof my oë te sluit en volkome op God te vertrou dat ek saam met Hom die pad sal vind wat Hy vir my uitgelê het. Daarmee saam is daar daaglikse gidse en helpers op my pad waarvan die Heilige Gees die grootste is. Spits jou geestelike ore , luister en gehoorsaam wanneer Hy met jou praat.

Open.3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader baie dankie dat U klop en op ons wag, dat ons nuwe krag by U kan kry wanneer ons voel ons kan nie meer nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter S help hulle om verby hulle omstandighede te kyk en op Jesus Christus te fokus waar hulle hulp en redding vandaan kom. In Jesus se Naam . Amen.

Geseënde dag en naweek aan elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 22 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *