VISSERMANPASTEI:

Anna Eksteen

Bestanddele
25 ml olie
1 groot ui, geskil en gekap
2 vet knoffelhuisies, geskil en gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
sout en peper
gerasperde skil en sap van een suurlemoen
1 kg skel- of stokvisfilette
25 ml gekapte pietersielie
4x250ml fyngemaakte, gaar aartappels
50 ml botter
2 ekstra-groot eiers, geklits
gerasperde neutmuskaat
5 ml aangemaakte Engelse mosterd
15 ml melk

Metode
Gebruik ‘n groot kastrol, skep die olie in en verhit totdat dit matig warm is. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai totdat die uie sag is. Voeg die tamaties by en roer deur. Geur met suiker, sout en peper .Roer die suurlemoenskil en -sap by. Rangskik die vis op die sous en bedek die kastrol. Prut oor LAE hitte totdat die vis gaar is. Verwyder die kastrol van die hitte, verwyder die deksel en laat staan totdat die vis effens afgekoel het. Skep die vis uit die kastrol, trek die vel af en verwyder alle grate. Vlok die vis, strooi die pietersielie oor en hou eenkant. Sit die vis in ‘n bak en gooi die uie knoffel oor die vis. Meng die aartappels met die botter en roer die eiers by. Geur met neutmuskaat en mosterd. Proe en voeg sout by soos benodig. Sit nou die aartappels oor die vies en bak tot goudbruin.

WAARSKUWING: Indien jy skelvis gebruik, moet jy nie die aartappels te veel sout nie, anders gaan die “pastei” te sout wees

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *