Vleisbroodjie

Lynette Muller

bestanddele
750g Gemaalde maer beesvleis
250g Gemaalde maer varkvleis
2 snye Witbrood
100ml Melk, volroom
1 medium Ui, gerasper
10ml Roosmaryn, vars, fyngekap
1/2 t Knoffel vars
15ml Olyf olie
10ml Mosterd poeier
250g-500g Streepspek
250g mozzarella kaas (opsioneel as jy ‘n kaas in die middel wil maak) of 4 hard gekookte eiers in die middel

Metode
Week brood in melk en druk orige melk uit en voeg brood by die maalvleis. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die spek en eier of kaas, en meng liggies met ‘n vurk. Smeer ‘n brood pannetjie en voer dit met ‘n dubbel laag bakpapier uit ( die bakpapier moet oor die kante gaan om te help met die uitlig van die klaar gebakte broodjie)…smeer weer die bakpapier…maak seker dit plat lê anders mag die vleis daarin vas bak.

Begin om die repies spek oor die kort gedeelte van die broodpan uit te lê totdat die hele pan bedek is. Skep die helfte van die vleismengsel in die voorbereide pannetjie, druk die kookeiers of die kaas in die middel van die vleis in…bedek met die res van die vleis. Vou die repies spek wat uitsteek oor om die broodjie te bedek. As daar maalvleis uitsteek…bedek dit met nog spek.

Bak by 160℃ vir 60min, laat vir 10 minute afkoel, keer uit op ‘n druprakkie en pan. Verbruin onder oond se rooster element totdat goudbruin. Laat weer so 10 minute rus vir die vog om te stabiliseer en die vleis om te set, dan kan dit eers gesny word …

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *