Anna Eksteen
Bestanddele
1kg baba-aartappeltjies, skoon afgewas
25ml olie
1 groot ui, gehalveer, geskil en fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus, fyngemaak
25ml matige kerriepoeier
5ml borrie
1 brandrissie, ontpit en gekap
3 suurlemoen of lourierblare
15ml fyngekapte, vars gemmerwortel
30ml goue stroop
125ml wynasyn
125ml aftreksel
AFRONDING:
100ml grofgekapte koljanderblare(opsioneel)
Metode
Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met kraanwater, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 minute. Bedek en laat 5 minute staan. Verhit intussen die olie in ‘n groot kastrol en voeg die uie en knoffel by. Roerbraai vir 2-3 minute. Strooi die kerriepoeier, borrie, brandrissie, suurlemoenblare en gemmer oor. Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut vir 2 minute. Dreineer die aartappeltjies en skep in kastrol met die sous. Strooi die koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.