Gemmer-Brosbroodvormpies

Lynette Muller

Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 10–15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele
270 ml (250 g) botter by kamertemperatuur.
220 ml (125 g) versiersuiker, gesif
375 g (780 ml) koekmeel
3 ml elk fyn gemmer, kaneel en gemengde speserye
2 stukke verglansde gemmer, fyn gekap
1 eiergeel

Metode
Room die botter en versiersuiker saam tot lig en donsig. Roer die res van die bestanddele by en vorm die deeg in ’n plat skyf. Maak dit toe in kleefplastiek en laat rus vir 20 minute in die yskas.

Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedrukkers en druk koekies daarmee uit. Pak die koekies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en laat rus dit vir nog 10 minute in die yskas – onthou die gaatjie as jy die koekies aan jou Kersboom wil ophang. Bak die koekies in ’n voorverhitte oondvir sowat 10 minute of tot dit net begin verkleur. Laat afkoel op draadrakkies.

As jy die koekies wil versier
Meng 1 eierwit en sowat 250 ml gesifte versiersuiker tot ’n dik, smeerbare mengsel. Kleur dit met voedselkleursel as jy wil. Gebruik ’n spuitsak om die koekies te versier.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *