Getuienis 1

Blye Versekering vir 25 Nov. 2019 Tema: Getuienis 1

**** Ek begin vanoggend met hartseer nuus. Een van ons eerste lede op die poslys is na ‘n lang siekte oorlede. Penny Cilliers. Ons innige meegevoel aan al haar geliefdes. Mag ons mekaar in die hiernamaals ontmoet.

**** My eie woorde

**** Ons nader jaareinde. Ek weet en glo ons is almal so dankbaar vir die wonderlike reën en vra groot asseblief reën waar dit nog droog is. Ek weet en  glo ons het op ons knieë die HERE gedank vir Sy genade, want ons kan mos nie net vra nie. In ons elkeen se lewens gebeur daar daagliks wonderwerke en ons vergeet so maklik daarvan. Daarom het ek besluit om so paar getuienisse hierdie week te plaas van mense wat terugvoer gegee het. Sommige het al ‘n tyd terug gebeur.  Indien jy iets het om oor te getuig, stuur dit gerus aan. Moenie dink jou getuienis is te eenvoudig nie. Niks wat die HERE doen, is eenvoudig nie. Hy beweeg die heelal om ons te antwoord. 

Luk. 8:39  Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.

GETUIENISSE en TERUGVOER

SB getuig: Ek het so tyd gelede gevra dat julle asb. vir my skoonsuster bid wat vir ‘n skildklier operasie moes gaan omdat die dokters bevind het dat sy kanker het.  Tydens die operasie het hulle gesien dat die rede vir die operasie 60% vergroeiings is (wat die toetse glad nie gewys het nie) en dit is toe weggestuur.  Die uitslag was dat dit nie kanker is nie en die toetse het voor die tyd gewys dis kanker!!!  Sy voel wonderlik goed en herstel baie mooi.  Hoe wonderlik is God se genade nie, en by Hom is alle dinge moontlik.  Prys Sy Grote Naam.  Baie dankie vir almal wat saam gebid het

**** Stuur dit gerus jou getuienis aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam.

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader baie dankie dat U ‘n hoorder van gebed is. Baie dankie dat ons vandag lewende getuies het van mense wat kan vertel wat U vir hulle gedoen het. Ons bid vandag spesiaal vir elkeen onder die letter Q. Voorsien in hulle besonder behoeftes en seën hulle met ‘n hemelse seën.

Ek bid ook spesiaal vir Penny Cilliers se geliefdes in hulle hartseer tyd. Troos en vertroos hulle. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en week vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *