Getuienis 2

Blye Versekering vir 26 Nov. 2019 Tema: Getuienis 2

**** My eie woorde

**** Ek wil julle herinner om te luister na die Heilige Gees se stem. So dikwels dink ons dis sommer ons eie gedagtes, maar dan is dit juis Sy pleit stem wat met ons praat. Vandag se getuienis is juis so gebeurtenis.

GETUIENISSE en TERUGVOER

T getuig:  Ons dien ‘n wonderlike Vader, en Hy kyk na ons kinders, selfs al is ons nie by nie. So week gelede lê God dit op my hart om vir my oudste (13jr) te bid, maar spesifiek vir sy beskerming. Ek maak toe so.  Die volgende oggend het dit lekker gereën en bel my broer my en vra of hy my oudste seun kan skool toe vat, dan hoef hy nie te wag in die reën nie.  Ek dink toe dit is baie gaaf van hom. Ek ry ook bus in die oggend, net so paar minute na my kind.  Toe ek so om die hoek kom en kyk na die busstop waar my kind elke oggend opklim, sien ek net rooi ligte. My hart het amper gaan staan. Presies waar my kind die bus kry, was ‘n groot ongeluk en die busstop is ook omgery. Ek prys die Here dat Hy so genadig was dat my kind vanoggend ‘n geleentheid saam met my boetie kon kry, want anders was die gevolge dalk noodlottig. Hoe wonderlik dat die Heilige Gees my voor die tyd gewaarsku het. Ons Vader kyk voorwaar na ons, ons moet net gehoorsaam wees as Hy ons vra om te bid, en ja Hy is so getrou, selfs wanneer ons Hom teleurstel. Ek prys Sy grote Naam.

2Thess. 3:3  Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Joh.10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader, baie dankie dat U steeds oor ons en ons kinders die wag hou. Maak ons ore oop om nie net U stem te hoor nie, maar ook om te luister. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter R. Ek vra dat U wat ons harte ken, ook in hulle harte sal kyk en hulle sal aanraak met U hand van genade en liefde. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vol vrede vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *