Ken jou vyand 5

Blye Versekering vir 1 Nov. 2019 Tema: Ken jou vyand 5

**** My eie woorde

****Ons eindig dan die tema oor ons vyand. Die duiwel het magte maar die Here bied vir ons hoop. Ons wapen om hom teë te staan, is juis ons geloof en onderwerping aan ons Skepper. Ons moet ons lewens ondersoek en regmaak voor God, want dan verloor Satan sy houvas op ons lewens. Tog werk ons dikwels verkeerd om en takel die gevolge van ons sonde in ons lewens, want ek wil eers dit los en dat los dan sal ek na die HERE kom. Kom net soos jy is en die HERE help jou om te verander.

1 Pet 5:8-  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.9  Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

2 Tim 2:24  en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. 25  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God  hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, 26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel,  nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

Jak. 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle  sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9  Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander  word en julle blydskap in bedruktheid.10  Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

**** Vandag praat die HERE met my en jou. Gaan ons ook net stilbly soos die volk vanouds  en aangaan soos altyd? Of gaan ons vir ‘n oomblik stil word en luister

1 Konings 18:21

En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader daar ‘n vyand wat soos ‘n brullende leeu loop, maar dankie dat die Leeu van Juda die oorwinnaar vir ons is. Wys ons deur U Heilige Gees wat in ons hande en harte is wat ons moet regmaak, maar boweal help ons dan, om nie net hoorders te wees van U woord nie, maar daders. Ek bid vir elkeen onder die letter A vandag. Miskien hou hulle ook die front voor soos ons almal, dat hulle sterk is en kan staan, maar wanneer daar stil oomblikke kom weet hulle hoe broos en onseker hulle voel. Sal U hulle vul met krag van omhoog vol van U genade en liefde. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en naweek aan elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *