KRUMMEL-MAALVLEISPASTEI 

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele: 
1 ui, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
500 g maalvleis,
1 blik gebakte boontjies in tamatiesous,
15 ml Worcestersous,
paar druppels tabascosous,
sout en swartpeper.  

Bolaag:
60 ml botter,
200 ml koekmeel,
2 ml basielkruid,
200 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Verhit oond tot 180°C.  Smeer ‘n oondvaste bak.  Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie in ‘n pan tot sag.  Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot effens bruin.  Voeg die gebakte boontjies by en geur met die Worcestersous en tabascosous, asook sout en swartpeper na smaak.  Skep in voorbereide bak.  Vryf botter met vingerpunte in koekmeel.  Voeg basielkruid en kaas by en meng goed.  Sprinkel oor die mengsel.  Bak sowat 20 tot 30 minute lank tot goudbruin van bo.  Dien op saam met slaai.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 44 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *