Lofprysing 1

Blye Versekering vir 11 Nov. 2019 Tema: Lofprysing 1

**** My eie woorde

**** Ek ervaar dat ons werklik hierdie week, die HERE moet loof en dank, ja, spesiaal vir die reën wat alreeds op verskeie plekke geval het. Verseker verdien ons dit nie, dit is suiwer Sy grote genade. Tog weet ons elkeen dit is net Hy die Skepper God, wat vir ons uitkoms gestuur het. Ek weet ook daar is nog ander plekke wat swaar trek, maar ons gee nie moed op nie.

Ps.109:26  Help my, HERE my God! Verlos my na U goedertierenheid, 27  sodat hulle kan weet dat dit U hand is: U, o HERE, het dit gedoen.

Ps.28:7  Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader, ek weet vanoggend is daar baie wat uit hulle harte kan jubel, vir iets wat U vir hulle gedoen het. Nogtans wil ons spesiaal dankie sê vir die lieflike reën wat daar geval het. Al die lof en die Eer kom net U toe. Ons weet daar is nog plekke waar mense en diere nog swaar kry, wat meer kan ons doen as om te vra HERE wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting oor ons sonde. Heilige Gees, moet ons nie laat gaan nie asseblief maar gee ons ook die krag om te oorwin van sonde. Ek bid spesiaal vanoggend vir elkeen onder die letter G. Miskien is daar iets waarmee hulle worstel vandag. Daardie een ding wat sal verhinder dat hulle U Koninkryk sal ingaan. My Vader, hoor hulle uitroep na U vandag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *