Lofprysing 2

Blye Versekering vir 12 Nov. 2019 Tema: Lofprysing 2

**** My eie woorde

**** Dis altyd vir my so interessant hoe Satan probeer om ons geloof en vertroue af te takel. Wat en wie is sy wapens. Hy gebruik mense as sy instrumente. Ek dink elkeen van ons weet dat ons geloof en vertroue juis in donker tye versterk word. Daardie oomblik wanneer jy dink jy kan nie meer nie dan weet ek en jy …maar HY kan. Dis mos maklik om Hom te loof as dit goed gaan, maar wanneer dit lyk asof alles uitmekaarval en Hom te loof omdat jy WEET Hy is steeds in beheer, dit is nie maklik nie. Nogtans wil ek vir jou sê, wanneer jy jouself aan God en Sy wil onderwerp, sal ook dit wat jy nou beleef ten goede meewerk, al lyk dit nie nou so nie. Soms is die enigste manier hoe Hy ons weer kan laat terugdraai na Hom juis donker tye.

Ps 30:12 U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; 13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

Ps 31:24 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. 25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!

Rom 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader, baie dankie dat U juis ons donker oomblikke gebruik om ons geestelik te verlig, sodat ons U handewerk kan aanskou. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H. My Vader ek vra dat U hulle geestelik sal versterk om kragtig vir U op te staan, maak nie saak wat gebeur nie. Wil U hulle seën met ‘n hemelse seën vandag. In Jesus se Naam . Amen

Geseënde dag aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *