Lofprysing 3

Blye Versekering vir 13 Nov. 2019 Tema: Lofprysing 3

**** My eie woorde

**** Dis mos baie maklik om ‘n lofsang te sing as dit jubel in jou hart, na die reën en vir al die wonderlike dinge wat die HERE gedoen het. Vanoggend deel ek met julle die moeilikste lofsang. Dit is voor jou stryd voor jy sien wat die uitkoms is. Kyk wat gebeur die OOMBLIK toe ‘n volk God vereer in lofsang.

2Kron 20:21  En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

**** Kyk wat gebeur

22  En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

**** Die dissipels herdenk saam met Christus Sy dood wat voorlê deur die nagmaal en Hy laat hulle ‘n lofsang sing voor hulle vertrek en Petrus Hom gaan verloën

Matt 26:30  En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

Ps.65:2  Aan U kom ‘n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

Ps. 66:2  Besing die eer van Sy Naam, maak heerlik sy lofsang!

****Watter krisis oor jou pad kom vandag sing ‘n loflied tot God en WEET Hy is in beheer en HY sal uitkoms vir ons gee. Jy hoef nie mooi te sing nie jy dink dalk dat jy nie eers ‘n lied ken nie, dan sing jy Wat ‘n vriend het ons in Jesus ….Of die HERE is MY Herder.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader vanoggend sing ons lofliedere tot Eer van U Naam vir die goeie dinge wat reeds gebeur het maar ook vir die dinge wat gaan gebeur Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter i . In die besonder vir diegene wat siek is en pyn het en wat onseker voel oor hulle toekoms. Ons sing ‘n loflied tot U ten spyte daarvan omdat ons WEET dat U in beheer is. Hou hulle vas in die holte van U hand van genade vandag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *