My Wapen 3

Blye Versekering vir 20 Nov. 2019 Tema: My Wapen 3

**** My eie woorde

**** Wanneer ons ‘n wapen het om ons te beskerm dra jy dit mos elke dag by jou. In vanoggend se gedeelte sien ons hierdie ernstige woorde. Wanneer ek en jy in Jesus bly, en daardeur Sy Woord in ons bly  kan ons vra en Hy sal gee. Die Psalmis sê so gepas, dat hy die woord is sy hart gebêre het . Die laaste gedeelte is ‘n vermaning vir diegene wat so maklik dink, die Ou Testament is waardeloos ons is onder die Nuwe Testament. Jesus sê so duidelik dat ons albei moet glo, want dit is waaroor die Woord van God gaan, dit getuig van Hom.

Joh 15:7  As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

Ps.119:11  Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Joh.5:46  Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. 47  En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle My woorde glo?

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader, baie dankie vir U woord en U Seun en U Heilige Gees wat in ons kan woon. Help ons om U woord in ons hart te bêre dat ons teen U nie sal sondig, in woord, gedagte of daad nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter N. Moontlik ervaar hulle dat hulle niks werd is en op moedverloor se vlakte sit. Ek vra hef hulle op en maak hulle bewus daarvan dat die Skepper God in beheer is en ons hoef nie te vrees nie. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 17 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *