Tema Getuienis 4

Baie dankie vir JOU bydrae tot hierdie bediening . Wees geseënd.

Blye Versekering vir 28 Nov. 2019 Tema Getuienis 4

**** My eie woorde

**** Was jy al in finansiële krisis, of jou werk situasie is onuithoudbaar. Dalk staan jy voor ‘n groot besluitneming en in jou hart voel jy onseker. Wel, vanoggend se getuienis getuig dat God se tyd nie ons tyd is nie. Vertrou Hom daarmee.

GETUIENISSE en TERUGVOER

**** M GETUIG:  Ek kan getuig dat God gebed verhoor – ek was baie ongelukkig in my werk en dit was nie juis waarvoor ek studeer het nie – en ek het die woord  gebid oor my omstandighede – Skaars ‘n week later en ek gaan vir ‘n onderhoud om 12 uur en 2 uur bel hulle my en bied my die betrekking aan – met byvoordele wat ek nie voorheen gehad het nie – sentraal geleë by winkels en apteke ens – verkort my pad saans om nie ‘n draai te ry om brood en melk te gaan koop nie. Ons geldjies die maand klop nie met ‘n hele paar rand,  – en ek was voorheen op kontrakbasis en word presies die hoeveelheid geld voor Vrydag aan my uitbetaal en dek dit ons onkostes vir die maand. God doen nie halwe werk nie en Sy woord keer nooit ooit leeg na Hom terug nie.  Maak nie saak wat nie – al lyk mens se situasie HOE donker!  Hy voorsien tot in die heel fynste detail. Baie dankie vir julle saam bid.

Ps. 34:18. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

Ps.57:3 Ek roep God, die Allerhoogste aan, God wat dit vir my voleindig.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader, vandag kan ons net weereens dankie sê, want net soos U in die verlede gelei het, so lei U ons elkeen vandag. Ons vergeet so maklik. Wil U ons elkeen aan die hand neem vandag en met elke krisis die uitkoms gee volgens U wil en wete. Ek bid spesiaal vanoggend vir elkeen onder die letter T op ons poslys. Miskien is hulle ook in nood vandag wat dit ook al mag wees, en hulle roep na U om hulp. Hoor en verhoor volgens U groot en Heilige wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het, stuur dit  aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *