Tema My Wapen 4

Blye Versekering vir 21 Nov. 2019 Tema My Wapen 4

**** My eie woorde

**** Alhoewel die Woord ons leer en ons ook beskerm, word dit ook ‘n meet instrument in die oordeelsdag. Jesus leer ons, dat Hy nie gekom het om ons te oordeel nie, maar juis, om ons te red. Daarom sal Sy woorde wat Hy gespreek het ons oordeel in die laaste dag. Dit sal as ‘n getuienis tel vir ons of teen ons. Dit is dan soos ʼn swaard wat by Sy mond uitgaan, want dit sal skeiding bring tussen skape en bokke. Skape volg die ware Herder, hulle ken Sy stem en gehoorsaam Hom. Die bokke volg hulle eie wil en weg, stroom op en ongehoorsaam.

Joh. 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.48 Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

Matt.25:32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

**** Dit beteken nie ons is sonder hoop nie. Die spreekwoord sê mos terwyl daar lewe is, is daar hoop.

Jes. 41:10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader baie baie dankie vir die wonderlike reën wat op verskeie plekke geval het in ons land.  Ons weet dit is suiwer genade. Ons moet bely daar is soveel mense wat na U woorde luister en dis pragtig, maar baie min wat dit glo en doen. Help vandag elke persoon wat opreg uitroep na U, om die smal pad met U te loop al is dit hoe moeilik. Ek bid vir elkeen onder die letter O vandag. Voorsien in hulle spesifieke behoefte volgens U groot en heilige wil. In Jesus se wonderlike Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *