TUNAGEBAK

4 porsies

Bestanddele:
1 ui, fyngekap,
olie,
1 blik (200 g) tuna, in water verpak,
375 ml gaar rys,
200 ml melk,
100 ml mayonnaise,
4 ekstra groot eiers,
5 ml mosterdpoeier,
15 ml suurlemoensap,
25 ml gekapte pieterselie,
sout & swartpeper.

Metode: 
Voorverhit die oond tot 180°C.  Smeer ‘n oondvaste bak.  Soteer die ui in ‘n klein bietjie verhitte olie tot sag.  Dreineer die tuna en vlok dit.  Meng met die ui, tuna en rys.  Skep in die voorbereide bak.  Klits die melk, mayonnaise en eiers saam.  Voeg mosterdpoeier, suurlemoensap en pieterselie by.  Geur na smaak met sout en swartpeper en giet oor die vismengsel in die bak.  Bak ongeveer 30 minute lank tot goudbruin van bo en gestol.  Alternatief:  Strooi gerasperde kaas of sagte broodkrummels bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *