Vertroue en geloof. 1

Blye Versekering vir 4 Nov. 2019 Tema: Vertroue en geloof. 1

**** My eie woorde

****Wat is die verskil tussen vertroue en geloof. Dit klink so dieselfde en is ook seker tot ’n sekere mate. Wanneer jy sê “ ek vertrou jou “ beteken dit jy kan op my steun en wat ek belowe doen ek. Wanneer ons sê ons het geloof is dit om in die onsienlike goed te glo en verseker te weet al sien ek nie weet ek dit sal gebeur. Dit is my woorde vir jou en elkeen wat vandag worstel met wat ook al in jou lewe. Eerstens Vertrou die HERE volkome want Hy is getrou en vertrouenswaardig. Tweedens glo in Hom en aan Hom onvoorwaardelike want Hy is God. Die Een wat was en wat is en wat sal wees tot in alle ewigheid.

Ps 62:6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting! :7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. 8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. 9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons. Sela.

Jes 40:28 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. V29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. V30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, V31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hemele woon, hoe wonderbaar om te weet ons kan U volkome vertrou ons het niks om te vrees nie, want in U is ons rus en ons heil. So baie dankie vir vanoggend se kosbare belofte- jongmanne word moeg en mat maar dié wat op die HERE vertrou kry nuwe krag. Ons neem daardie belofte vanoggend ten volle aan. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter B vanoggend. Versterk hulle vertroue en geloof in U. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir julle elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 31 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *