Vertroue en geloof 2

Blye Versekering vir 5 Nov. 2019 Tema: Vertroue en geloof 2

**** My eie woorde

**** Die teenoorgestelde van vertroue en geloof is twyfel en ongeloof. Die woord noem dit ‘n verkeerde gesindheid wat ons van God afvallig kan maak. Dan die kosbare woorde dat ons mekaar elke dag moet aanspoor sodat ons kan volhard met die hoop en vertroue in Christus waarmee ons begin het.

Heb 3:12 Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle ‘n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.14 Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

**** Dan die wonderlike belofte wat my dikwels al gedra het. Christus doen nie halwe werk nie, wat Hy in ons begin maak Hy klaar totdat Hy kom, daarom kan ek met vrymoedigheid die woorde aan elkeen stuur

Fil.1:6  omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

Spr.22:19  Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader vandag moet ons bely dat ons ook al getwyfel het, maar baie dankie dat U altyd daar is vir ons. Dankie, dat die goeie wat U in ons begin klaargemaak sal word en dat U nie moed opgee met sondaars soos ons nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter C. Versterk hulle geloof en vertroue in U op ‘n spesiale wyse vandag. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 36 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *