Vertroue en geloof 3

Blye Versekering vir 6 Nov. 2019 Tema: Vertroue en geloof 3

**** My eie woorde

**** In vanoggend se gedeelte sien ons iets interessant. Eerstens sê Hy ons moet iets doen. As ons ons bekeer, dit is om dinge te laat staan wat ons WEET  verkeerd is en wanneer jy dit gedoen het, sal ek en jy in Sy rus en vrede ingaan. Nou kom die vraag … hoe doen ek dit, ek het nie die krag om te oorwin nie…dan Sy kosbare antwoord dat jou krag  in stil wees en vertrou  is, in ons Skepper God, want daar is ons hoop en verwagting.

Jes 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.

Spr. 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

Joh.11:40  Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?

GEBED vir VANDAG D

Onse groot en Ewige Hemelse Vader, hoe groot en wonderbaar is U in U werke. Opnuut besef ons dat ons totaal van U afhanklik is elke dag en elke tree. Ek bid vanoggend dat U ons elkeen sal help om ons krag in U te vind. Ons kan elkeen vanoggend sê “ HERE ons GLO laat U wil geskied.” Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter D.  Ek dra hulle op aan U deur U Seun Jesus Christus en vra, voorsien in hulle behoefte en uitroep na U. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *