Vertroue en geloof 4

Blye Versekering vir 7 Nov. 2019 Tema Vertroue en geloof 4

**** My eie woorde

****Moontlik gaan jy vanoggend deur angs en spanning. By jou werk of in jou lewe. Dalk is jy een van diegene wat vanoggend kan jubel oor die goeie dinge in jou lewe. Een seker wete vir ons elkeen vandag is, dat die HERE ons nie verlaat nie. Hy is die Koning van die Konings en die Here van die HERE ons SKEPPER wat net kan spreek en dit gebeur. Wat ‘n wonderlike God om in te glo. Dan kom die Psalmis met hierdie bemoediging vandag, as ons Hom soek sal Hy ons nie verlaat nie. Hoe maklik is dit ? Daar waar jy nou is kan jy Hom soek.

Ps. 9:9 So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.10 En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

Heb. 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Joh.3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader wat in die hoogste hemele woon, dankie vir daardie versekering U sal ons nie verlaat as ons U soek nie. Dankie, vir die seker wete as ons in Jesus Christus glo kan ons die ewige lewe beërwe. Versterk ons elkeen se geloof vandag omdat ons WEET in Wie ons glo. Ek bid vir elkeen onder die letter E vanoggend. Wat ook al hulle behoefte is, pyn , onsekerheid oor die toekoms, dalk kinders. U weet dit. Hoor en verhoor hulle uitroep na U. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 30 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *