Vertroue en geloof 5

Blye Versekering vir 8 Nov. 2019 Tema Vertroue en geloof 5

**** My eie woorde

****Wanneer ek en jy sê ons GLO, kan dit iets beteken of net leë woorde wees. Onthou so dikwels wanneer ons goedjies sê, toets die HERE ons om die bedoeling van ons hart raak te sien. Ek sê altyd “ talk is cheap” Dis nie diegene wat die wedloop begin wat tel nie nie, maar hulle wat enduit volhou om klaar te maak. Ja, al kom jy laaste, jy maak klaar en dit is wat tel. As ons geloof getoets word en ons bly staande wag die kroon van die lewe vir ons. 

Spr.3:26  want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

Jer.17:7  Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.

Mar.9:24  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

Heb 3:14 (NV ) Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

Jak.1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader vanoggend plaas ons elkeen ons vertroue in U . Dankie, vir die beloftes in U woord dat ons geseënd sal wees as ons op U vertrou, dat ons deel aan Christus sal hê as ons enduit volhou en dat ons die kroon van die lewe sal ontvang as ons U opreg lief het en dien. Nogtans weet ons dat ons ook kan uitroep HERE kom ons ongeloof te hulp. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter F Versterk hulle geloof en hou hulle op U gefokus totdat U kom. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek almal. Tot Maandag as ons gepaar bly.

Geseënde dag aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 7 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *