Jaareinde 2

Blye Versekering vir 3 Des. 2019 Tema: Jaareinde 2

**** My eie woorde

**** Ek glo soveel het hierdie jaar op hierdie dagstukkie gereageer omdat ons besef die laatheid van die uur, maar ook dat ons almal soos skape is wat gedwaal het en terugkeer na ons Herder

Onthou julle as kinders het ons die speletjie gespeel. Die leier loop voor hy is die “wolf” en ons string agter hom aan as die “skapies” en sê: “Wolf wolf hoe laat is dit, wolf wolf hoe laat is dit?” Die “wolf” gee enige tyd nie kronologies nie, dan ewe skielik sê hy “ Twaalfuur etenstyd!” Hy draai om en die “skapies” spaander  na die “den” of veilige plek. Dit herinner my aan Jesus se woorde.

Matt 18:11  Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. v12  Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie? V13 En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle :dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie. V14  So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

**** Miskien is jy een van daardie skapies wat deur die vyand gevang is. Ek wil vanoggend vir jou sê die HERDER los al Sy ander skape om jou te kom soek sodat die wolf jou nie kan verslind nie

Mark.13:33  Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.

GEBED vir VANDAG  XYZ

Onse Vader, vanoggend is ons almal soos skape wat deur die wolwe van die lewe gejaag word op verskeie maniere. Al wat verskil is die tipe aanvalle en ons geloof in ons Herder. Dit is al wat ons staande hou. Vanoggend bid ek vir al die verlore skape, bring hulle terug na U kraal en dan vra ek help ons om gereed te wees as U horlosie 12uur slaan. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die drie laaste letters van die alfabet XY en Z Ek gee hulle elkeen in U hand van genade vandag, in Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag aan julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *