Rina
Hierdie is ‘n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot ‘n braai of kerriegereg kan bedien
Bestanddele
5 ryp, maar ferm piesangs
5 droë appelkose, gesnipper
125 ml grenadellajogurt
37,5 ml kondensmelk
Metode
Sny die piesangs in skyfies in ‘n slaaibak. Voeg die gesnipperde appelkose by. Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte. Meng liggies met ‘n vurk.
Variasie:
Voeg ook avokadoblokkies by die piesangslaai.
Jy kan ook ‘n lepel of twee kerrie poeier ook bygooi
(Visited 313 times, 1 visits today)
Advertisements