Jaareinde 1

Blye Versekering vir 2 Des. 2019 Tema: Jaareinde 1

**** My eie woorde

**** Hierdie is die laaste week van dagstukkies vir 2019 Ek het dit goedgedink om deur die dagstukkies van die jaar te gaan en dan daardie dagstukkies te plaas waar die meeste mense positief op reageer het. Baie dankie ook vir al die response op verlede week se getuienisse.

**** Ons kan maklik sê ons is geduldig, maar wanneer iemand voor jou inry of jou aanval met harde woorde,  besef jy geduld is nou nie een van jou goeie eienskappe nie. Jy is dadelik gereed en op jou perdjie. Toe ek vanoggend die onderstaande  woorde lees wonder ek daaroor.  Wees geduldig met mekaar. Hoe kry mens hierdie geduld, behalwe deur die krag van Jesus Christus en oefening. As ek en jy vandag vra vir geduld, wees verseker jy gaan oefening kry en as jy die toets faal moet jy weer oefen.

Kol.3:13  Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

**** Die tweede aspek is vergifnis. Ek wonder hoe skoon sou my sonde wees, as die HERE vergewe soos ek en jy vergewe. Ons haal mos die ou koeie uit die sloot en trek weer hulle vel aan en gooi dit voor ander neer en sê : “ Maar onthou jy wat jy gedoen het ….” Nou my vraag, wanneer ek en jy ons sonde bely en die HERE vergewe soos ons vergewe dan kan Hy ook sê : “Ja, maar kyk na jou verlede, onthou jy die en daardie en hierdie“. Weet jy wanneer ek reeds sonde bely en laat staan het en ek kom weer dan sê Hy : “Verskoon My maar Ek sien net MY Seun se Bloed Ek weet nie waarvan jy nou praat nie”.

Heb 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Ps 103:12  So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

1 Kor. 13:4a  Die liefde is geduldig,……….

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader, baie dankie  vir U Woord wat nooit leeg na U terugkeer nie . Ek vra dat U hierdie woorde van die week sal seën en opnuut harte sal aanraak om hulle lewens in te rig binne U wil. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter W, Baie dankie vir wat U reeds vir hulle gedoen het hierdie jaar, maar ons vra strek U hand van genade na hulle uit vandag en voorsien volgens U heilige wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *