Jaareinde 3

Blye Versekering vir 4 Des. 2019 Tema: Jaareinde 3

**** My eie woorde

**** Elkeen van ons ontvang van kleins af ‘n naam. Jy word groot met daardie naam. Die naam waarmee jy bekend is word jou naam al is dit ‘n noemnaam. Indien daar in ‘n groot vertrek jou naam genoem word hoor jy dit dadelik. Die nag toe Samuel gaan lê en die HERE roep sy naam hoor hy  want hy ken sy naam. Alhoewel hy nie geweet het Wie hom roep nie.

1Sam.3:4  het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

**** Interessant genoeg die HERE het 3 maal na Samuel geroep.

1Sam.3:9  Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want U kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê. V10  Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want U kneg hoor.

**** Dis my woord vanoggend vir jou. Die HERE kén jou naam. Vir Hom is jy nie net ‘n nommer in ‘n ry nie, jy is nie die een wat onder ‘n sekere groep in die alfabet val nie. Wanneer Hy met jou praat, is dit op jou naam en dis persoonlik want Hy ken jou naam. Toe Hy Samuel roep ken Hy sy naam en hy hou aan roep totdat Hy weet Samuel verstaan en hoor. Hoor jy hoe Hy na jou roep? Hoeveel keer roep Hy al. Kom ek en jy antwoord soos Samuel vandag en sê : “ Spreek HERE U dienskneg luister “

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader, eerstens baie dankie vir die koel oggend en daar waar U uitkoms gestuur het met U lafenis van reën. Dankie dat U gehoor het. Al die lof kom net U toe. Baie dankie dat U nie net ons naam ken nie, maar dat U nie ophou roep nie. Miskien is hier iemand vir wie U al lankal roep maar hulle druk hulle ore toe, of hulle het gehoor en uitgestel of weg gestap. Nogtans lees hulle vandag hier en weet sonder twyfel, vandag praat die HERE met my want Hy ken my naam. Help ons om soos Samuel te antwoord vandag . Ek bid dan ook spesiaal vir elkeen onder die letter A op ons poslys. Wil U hulle toevou in U arms van genade sorg en liefde. In Jesus se Naam. Amen. 

Geseënde dag vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *