Rina
Bestanddele
125g spekvleis
2 uie (grof gekap)
250g knopiesampioene(in skyfies gesny)
sout en peper
25ml olie
750ml gaar stampkoring
125ml hoenderaftreksel
50ml rosyne (opsioneel)
Rooi of Groen Pepper
Metode
Braai spekvleis in ‘n groot pan tot bros. Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin. Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper. Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is. Dien warm op.
Bedien 6 mense.