SPINASIE SLAAI

Rina

Bestanddele
10 spinasieblare, afgespoel
2 jonguitjies, afgespoel
½ rooi soetrissie
60g fetakaas
1 knoffelhuisie, fyn gekap
50ml olyfolie
25ml witwyn asyn

Metode
Sny wit dele van spinasie en soetrissie weg en breek of sny in kleiner dele. Sny jonguitjies in skyfies en sny rooi soetrissie in repe.
Breek fetakaas in growwe stukke. Meng knoffel, olyfolie en asyn. Skud goed. Sit al die slaaibestanddele in ‘n slaaibak en meng slaaisous deur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,643 times, 4 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *