GEVULDE WEENSE WORSIES

Rika Theron
4 porsies

Bestanddele:
6 Weense worsies
100 ml gerasperde Cheddarkaas
1 klein ui, fyngerasper
knippie mosterdpoeier of paprika, indien verkies
6 repies spekvleis, swoerd verwyder.

Metode:
Sny elke worsie in die helfte deur, maar moet dit nie heeltemal deursny nie. Meng kaas, ui en mosterdpoeier of paprika en skep in elke spleet van die mengsel. Draai ‘n reep spekvleis om elke worsie en pak dit op ‘n bakplaat. Rooster onder die roosterelement van die oond tot die spekvleis gaar en die kaas gesmelt is. Dien dadelik op saam met brood indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *