Hoenderbredie

Bestanddele
1 kg Hoender
Sout & Peper
1 Pakkie Sampioensop
250 ml macaroni
125 g botter of margarien
2 uie in blokkies gesny
4 tamaties in blokkies gesny
125 ml ongesifte koekmeelblom
200 ml Water
250 ml Kaas

Metode
Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.  Ontbeen en sny vleis in stukke. Vul hoendersous met water aan tot 625 ml. Voeg soppoeier by, roer gereeld en kook tot dik. Kook macaronistukkies in soutwater to sag en dreineer. Smelt botter in ‘n groot kastrol. Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties by en kook ‘n rukkie. Meng meel met water en roer by tamatiesous. Voeg sop by en
roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas en macaroni by, meng en laat ‘n paar minute prut. Sit warm voor met rys en ‘n slaai.  (6 – 8 persone.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 250 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *