Spykerskoene 1

Blye Versekering vir 13 Jan. 2020 Tema Spykerskoene 1

**** My eie woorde

**** Aan die begin van elke jaar begin die atletiek. Daar is soms dinge wat kan verkeerd loop. Jy is super fiks, jy het jou sportklere en spykerskoene vir die groot dag. Die skoot klap en jy spring weg en naby die eindpunt struikel jy en val. Jy staan op maar jy is nerf af en die ander atlete gons by jou verby. Jy kom so hinke-pink by die wenstreep aan.

Spreuke 4 V 11  In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;12  as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

Efes.6:15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

Spreuke 9:10  Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

**** Ons het aan die begin van die jaar op hierdie lewensbaan van 2020 weggespring. Die HERE gee nie vir ons spykerskoene nie , maar Hy vra of ek en jy bereid is om die evangelie uit te dra? Skoene van bereidheid. Dan sê Hy, dat wanneer jy aan die wedloop deelneem en jy regtig goed wil voorberei is daar twee goed wat tel 1. Wysheid is die vrees van die HERE 2. Om Hom te ken is verstand. Die jaar strek donker voor ons uit maar Hy het vir ons ‘n lig op ons pad gegee.

Ps..119:105   U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader baie dankie dat U woord die lig op ons pad is. Leer ons om U waarlik te ken in ontsag en liefde. Ek bid vir elkeen onder die letter F op ons poslys. Maak hulle flink en ywerig om U woord te deursoek om U daarin te vind. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 22 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *