Spykerskoene 4

Blye Versekering vir 16 Jan. 2020 Tema: Spykerskoene 4

**** My eie woorde

**** Wanneer ons op die resiesbaan van die lewe hardloop, kan soveel goed verkeerd loop. Iemand kan jou pootjie en jy val, en op lang afstande kan jy verkeerde koers gaan as jy nie die aanwysings volg nie. Verder is daar steil opdraandes, en ander kere lang afdraandes. Dan hoor ek mense sê: “ Ek kan nie meer nie” Jy is reg jy kan nie, maar die HERE kan. As jy val, tel Hy jou op, as jy op verkeerde pad is, wys Hy jou. Ons moet Hom vra en Hy sal ons uitkoms gee, nie soos ek en jy dink nie, maar soveel beter.

Spr.24:16  Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

Ps.25:4 HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.

Spr.3:6  Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Fil 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader in U hande gee ons vandag ons planne, ons wysheid en paaie oor en vra, ontferm U oor ons en laat U wil geskied. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter i . Maak hulle vandag spesiaal bewus dat deur U krag is hulle tot alles in staat. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag almal die week is amper klaar.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *