Verloor-Hy is weg!  1

Blye Versekering vir 27 Jan. 2020 Tema Verloor-Hy is weg!  1

**** My eie woorde

**** Nie een van ons hou daarvan om iets te verloor nie. In Desember verlede jaar gaan ek bank toe. Ek staan by die toonbank en daarna is ek uit. So entjie vêrder tref dit my soos ‘n hamerhou voor die kop- ek het my selfoon daar laat lê. Ek draai om en glo my, ek hardloop letterlik terug maar begin sommer klaar in my gedagtes bid. Ek wag nie eers by die ingang nie, maar storm sommer verby en daar sien ek my foon op die toonbank lê.  Ek gaan direk daarheen en sê sommer kliphard, dat almal in die bank se koppe draai: “ Aaagh Prys die HERE!” Daar leer ek weer ‘n les uit hierdie negatiewe ervaring.

Hoogl 3:1  Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.  V2  Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

****Ek was so geseënd want dit wat weg was, het ek gevind, maar vertel my waar het jy die teenwoordigheid van die Here verloor ….dan vertel ek jou waar jy Hom weer  kan vind. Het jy Hom in jou binnekamer verloor….omdat jy nie meer genoeg bid nie.

Luk. 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word;

1Thes 5:17 Bid sonder ophou.

Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel;

****Nou wil ek jou uitnooi. Ons is so in die 50 persone wat 5uur of 6 uur (soos dit jou pas), elke oggend bid oor dieselfde versoeke. Dis nie ketting gebede nie tensy iemand die persoon ken. Ek stuur die name uit en 5 uur herinner ek mense met ‘n kort boodskap. Ek wil jou vra bid daaroor en besluit dan. Stuur dan ‘n E-pos en ek stuur my nommer. Indien jy Whatsapp dagstukkies kry bevestig net met JA en ek voeg jou naam by. Jy mag ook enige tyd jou inskrywing staak. Dis ‘n broadcast groep dus sien niemand anders op die groep jou naam nie.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader, hoe wonderlik is dit net nie, dat ons nog vandag het om reg te kies , om U weer in ons lewe in te nooi deur gebed. Wanneer die storms losbars is ons almal op ons knieë om te bid, maar dan het ons nie die geloof wat ons deur toewyding ontvang nie. Wat is ons bereid om vir U te doen? Ek bid vir elkeen onder die letter P op ons poslys. Hoor en verhoor hulle gebed wanneer hulle vandag na U uitroep. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *