Verloor-Hy is weg!   2

Blye Versekering vir 28 Jan. 2020 Tema: Verloor-Hy is weg!   2

**** My eie woorde

**** Die tweede plek, of iets waardeur ons voel asof ons Jesus verloor het, is sonde. Dis daardie bewuste sonde waarvan jy weet. Dit staan soos ‘n muur tussen jou en Christus. Dan in Sy groot liefde het Hy juis Heilige Gees gegee om met ons te praat in ons gedagtes, en jou gewete pla jou aanhoudend. Onthou wanneer jy vra: ” Is dit sonde? ” Dan sê dit vir my, die Heilige Gees praat al reeds met jou, daarom pla dit jou. Hoe maak ek reg, deur te bely en te laat staan. As jy wel kan regmaak, doen dit.

Jes 59:2 …maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Spr.28:13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

GEBED vir VANDAG Q-R

Onse Vader baie dankie dat U vir ons Iemand gestuur het om ons van ons sonde te verlos. Wys vandag aan ons indien daar enige onbewuste sonde is wat tussen ons en U staan en help ons dan om dit te oorwin en te laat staan. Ek bid vir elkeen onder die letters Q en R. Wys vandag vir hulle watter pad U wil hê  hulle moet gaan. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde  dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *