Verloor-Hy is weg!   4

Blye Versekering vir 30Jan. 2020 Tema: Verloor-Hy is weg!   4

**** My eie woorde

****Wanneer het jy ontdek dat jy Hom verloor het. Was dit toe die ellende oor jou kom, of was dit terwyl jy gebaljaar het in al die plesier wat die wêreld jou bied …..Het jy van Hom af WEGGEDRAAI omdat jy nie binne Sy WIL wou of kan  bly nie? Dan is dit waar jy Hom weer gaan vind…….draai om en soek SY wil al bring dit pyn en al maak dit seer Hy sal jou tien dubbel vergoed vir wat jy vir Hom opoffer. DOEN dit want Hy wag vir jou. Onthou die HERE sal jou nooit dwing nie. Ons mag kies en Hy aanvaar ons keuse al breek dit Sy hart.

Mal 3:7  Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

1Joh 2:17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

1Joh 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil.

***Ons lewe in baie ernstige tye, nie net in ons land nie, maar oor die wêreld. Dis baie maklik vir my om vandag ’n voel-goed boodskap te stuur soos vele doen. Ek lees hoe mense sê spreek net al die seëninge uit en dit SAL na jou toe kom. Ek is jammer maar dit is nie wat die Woord van God sê nie. God vra toewyding en gehoorsaamheid dan sal ons die res kry. Kom ons draai na Hom toe dit is die antwoord.

GEBED vir VANDAG UVW

Onse Vader so dikwels loop ons ons eie pad en wanneer die storms losbars dan erken ons U. Help ons om ook in die tye van vrede die pad saam met U te stap. Ek bid vir elkeen onder die letter U,V en W vandag. Wil U vir elkeen van hulle sê: Dit is die weg wandel daar op wanneer hulle links of regs wil gaan. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag vir julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 20 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *