Waarom 5

Blye Versekering vir 24 Jan. 2020 Tema Waarom 5

**** My eie woorde

**** Die Engel van die HERE wat natuurlik Christus is, verskyn aan Gideon

Rig 6:12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!  13  Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, WAAROM HET AL HIERDIE DINGE ONS DAN OORGEKOM? En waar is al Sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete. ….16  Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

**** Vele van ons kan ons met Gideon vereenselwig. Vra ons dan nie ook “ Waarom het al hierdie dinge oor ons gekom? As die Here met my is waarom…..? Jy sien die begin van daardie sin sê reeds Gideon twyfel nes Thomas “As U …. 

Onthou altyd: God werk nie met getalle met grootte of met die moontlike nie. Hy werk met ‘n handjie vol, met min en met die onmoontlike. Ons sien hier en nou Hy sien die groter prentjie.

Ps 18:29 ¶ (18:30) Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my
God spring ek oor ‘n muur.

Markus 10:27  Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader hoe wonderlik is dit net nie dat ons vandag die onmoontlike in U hande kan laat en verseker weet by U is niks onmoontlik nie. Daarom kan ons met vrymoedigheid vra laat U wil geskied al verstaan ons dit nie altyd nie. Versterk ons elkeen se geloof dat U steeds in beheer is want U is die groot “ Ek is!” Ek bid vir elkeen onder die letter O. Help hulle elkeen vandag om op te kyk na U waar ons hulp en redding vandaan kom. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde naweek almal, tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *