Koue – Gaarvleis Tert

Magda
2 koppie gaar gemaalde vleis
1 koppie koue gaar aartappel in blokkies gesny
1 blik klein heel sampioene
1 meduim ui
1 eeteel tamatiesous
1/4 tl.sout
1 eier
1 eeteel botter
gerasperde kaas
1 eeteel worcestersous
1/2 koppie melk

Metode
Dreineer sampioene maar bewaar water. Smelt botter in kastrol,voeg sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot ligbruin oor lae hitte. Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute. Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas. Voeg sampioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors, verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo-oor.
Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar ‘n stukkie botter. Bak vir omtrent 20 minute in warm oond teen 220°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *