Open 1 : Deel 10

Blye Versekering vir 14 Febr. 2020 Tema: Open 1 : Deel 10

**** My eie woorde

**** Ons kyk na die laaste gedeeltes van Openbaring hoofstuk 1 . Julle sal onthou ons het Maandag (DEEL6)  na vers 20 gekyk wat die sterre en kandelaars verklaar, dus gaan ek dit nie herhaal nie Gister het ons geëindig by v17 Onthou ek het gesê soms loop teksverse aanmekaar om ‘n geheel te vorm en ons hou dan op met lees. Hierdie is so geval. 

Open 1:17  Ek is die eerste en die laaste 18 en die lewende en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

**** Hier bevestig Christus Hy het waarlik opgestaan uit die dood. Wie het Christus opgewek uit die dood, immers kon Hy Homself nie opwek as Hy dood was nie. Verder sê Hy dat Hy nou die sleutels het van die doderyk en die dood.

Hand.10:40  Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn,

Rom.8:11  Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon,

Rom.6:9  Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.

**** Laastens kry Johannes die opdrag om te skryf, dit wat hy gesien het, dit wat is, d.w.s. teenwoordige tyd en dit wat gaan gebeur- toekomstige tyd.

Open1:19  Skryf die dinge op wat jy *gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur*;

**** Hiermee sluit ek dan af met Openbaring 1 Dis my bede dat julle elkeen opnuut geïnspireer sal wees om na die skatte in die Bybel te soek.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader wanneer mens net een hoofstuk in diepte bekyk sien mens U GLORIE ALMAG WYSHEID LIEFDE EN GENADE daarin. Baie dankie dat ons in hierdie land nog vrylik U kosbare woord mag bestudeer. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter J op hierdie poslys. My Vader hoor en verhoor hulle gebede volgens U wil en wete. Versterk hulle om die nou pad saam met u te bewandel. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *