Blye Versekering vir 10 Febr. 2020 Tema: Open. 1 Deel 6
**** My eie woorde
**** Ons het Vrydag gelees waar Johannes sien hoe Christus staan tussen die sewe goue kandelaars en hoe Hy gelyk het. Ons lees verder.
Openb.1:16 En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
**** Die Bybel verklaar wat hierdie items beteken
- Sewe goue kandelaars
- In Sy regterhand hou Hy sewe sterre
Ek gaan dit opbreek sodat dit verstaanbaar is
Open 1:20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in My regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars:
- die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes,
- en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
**** So wie is die gemeentes, die sewe gemeentes in Asië aan wie Johannes dit moes skryf en die engele is God se boodskappers na die gemeentes.
Open1:11b…..stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
Heb.1:7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van Sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
Ons gaan môre verder.
Luk.11:10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
GEBED vir VANDAG F
Onse Vader baie dankie dat U ‘n waarmaker van U woord is. U belowe as ons SOEK sal ons vind. Help ons om na die kosbare skatte in U woord te soek. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter F begin op ons poslys. Mag hulle lewens opnuut spreek van liefde en omgee vir ander. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en week vir elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan