Openb.1 Deel 7

Blye Versekering vir 11 Febr. 2020 Tema: Openb.1 Deel 7

**** My eie woorde

**** Ons kyk vandag na die volgende  gedeelte in dieselfde teks van gister

Open 1:16 b ….en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan

**** Dit moes nogal ‘n prentjie gewees het wat Johannes hier sien. Onthou wat ek verlede week gesê het: As dit sin maak moenie dit verander in ‘n simbool of in iets wat jy geleer het nie.

  • ‘n Skerp tweesnydende swaard gaan by Sy mond uit

Niemand gaan met ‘n skerp tweesnydende swaard loop wat by sy mond uitgaan nie, dus moet dit ‘n simbool wees van iets anders. So kom ons kyk hoe verklaar die Bybel dit.

Efes.6:17  En neem aan die helm van verlossing en *die swaard van die Gees—dit is die woord van God*

Heb.4:12  Want die *woord van God* is lewend en kragtig en skerper as enige *tweesnydende swaard,*  en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

**** Hierdie gedeelte openbaar hoe Christus se woorde wat by Sy mond uitgaan sal wees. Ek staan in verwondering oor die grootheid van God. Met een simbool maak Hy soveel bekend wat ons kan miskyk omdat ons nie soek nie. Nogtans moet ons verstaan dat hierdie Jesus se liefde oorweldigend is

Joh 1:11  Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo; 13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader, Seun en Heilige Gees, die plan om ons te verlos is so groot en hoe vreeslik is dit dat U na ons gekom het en daar is vele wat U liefde nie verstaan nie, maar wat dit verwerp. Ag my Vader wees ons genadig. Dankie, vir U geduld met ons, ons leer so stadig. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter G begin op ons poslys. Mag U goedheid en guns hulle volg vandag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *